Tuesday, November 19, 2013

Louis & Gertha 10 Augustus 2013 Zongoene Lodge Mosambiek
































Ongerepte, ver uitgestrekte spierwit sand en massas deursigtige groen-blou waters was voorwaar die perfekte agtergrond vir die perfekte bruid en bruidegom.  Die bruidegom het beslis beïndruk met sy voorbereidings en sy passie vir sy bruid.

Hierdie geleentheid was so asemrowend – dit laat ons sprakeloos! 

Familie en vriende het in ‘n ontspanne atmosfeer heerlik saam gekuier en verlore tyd ingehaal. 

Dit was tydloos, net soos julle liefde en trou aan mekaar.

Deon & Ellie 31 Augustus 2013 Dunkeld Estate Dullstroom

Ons kon nie vir ‘n beter dag gevra het nie....  Alles was stylvol en kleurvol.  Dit was ‘n voorreg om Deon, Ellie en hulle kinders van naderby te leer ken.

 Mag julle lewe en liefde vir mekaar vorentoe net so opwindend en onvoorspelbaar wees as toe julle die dansbaan geopen het, (Iets wat ons vir altyd sal onthou).




Gawie & Izelle 12 Januarie 2013 Lydenburg



Die mooiste, mooiste dag!  ‘n Huwelik wat God saamgevoeg het.  Gebede wat harte aanraak en trane van GROOT GELUK het gevloei.  Die besonderse dag was voorwaar in liefde toegedraai.  Ons wens vir julle is dat julle in goeie en minder goeie tye hierdie spesiale dag sal onthou.

Debbie & Zaan 11 Mei 2013 Kaapsche Hoop




Tussen digte mis en die seën van reën, beloof Debbie en Zaan ewige trou aan mekaar.  Dit was heerlik om hierdie geleentheid vas te vang en die besonderse dag saam met hulle te deel.

Tuesday, June 25, 2013

Leonard & Martie

Tydens 'n heerlike kuiertjie by my broer op Groot Marico het ek my pragtige familie afgeneem op die plaas..