Ongerepte, ver uitgestrekte spierwit sand en massas
deursigtige groen-blou waters was voorwaar die perfekte agtergrond vir die
perfekte bruid en bruidegom. Die bruidegom
het beslis beïndruk met sy voorbereidings en sy passie vir sy bruid.
Hierdie geleentheid was so asemrowend – dit laat ons
sprakeloos!
Familie en vriende het in ‘n ontspanne atmosfeer heerlik
saam gekuier en verlore tyd ingehaal.
Dit was tydloos, net soos julle liefde en trou aan mekaar.